Home of the Crocs ~ Founded in 2001

Emelia de Klerk - 2005

UMhlathuze athlete Emilia de Klerk together with her longstanding training partner , Marie Liebenberg, received her Comrades permanent number ( 10 comrades marathons ) this year. Asked how she started running she replies:


n Foutiewe diagnose dat ek aan n terminale siekte gely het, waarvan gebrekkige bloedsomloop n deel was, het my laat begin hardloop in 1994. Ek het besluit dat my hart vinniger moet pomp. Aanvanklik was dit n paar kilometers op n slag. Ek onthou goed hoe opgewonde ek was toe ek die eerste keer 10km kon voltooi.


Die gogga het my goed gebyt en ek het al hoe verder begin hardloop. Na my eerste half maraton het ek in 1995 besluit om die maraton aan te durf. My tyd het my gekwalifiseer vir die Comrades en daarna het alle Hel losgebars en het ek vir die eerstekeer in 1995 Comrades voltooi. Ek was ook gelukkig om vir nege agtereenvolgende jare daarna gesond genoeg te wees om in 2004 my 10de te voltooi en op 16 junie my groen nommer te kry.


n Hoogtepunt in my harloop loopbaan was in 1998 , toe ek ingeskryf het vir die Midlands 100 myler. Ek het nie enige verwagtings gehad nie , maar dit het gebeur dat ek die eerste vrou oor die eindstreep was.


n Inspirasie in my hardloop loopbaan was Marie Liebenberg. Ons het sedert my eerste Comrades tot my laaste saamgeoefen en gehardloop.


Emelia together with Marie are wonderfull examples to other athletes and ladies. We wish these two Crocodiles the very best with their running.