FOUNDED IN 2001

FOUNDED IN 2001

Jakes Liebenberg - 2005

Crocodile Jakes Liebenberg is one of the stalwards of the Umhlathuze athletic club and has completed 16 comrades marathons and 14 Bergville to Ladysmith ultras. He reflects :
My hardloop loopbaan begin in 1988 met die idee om twee maal per week so 4km te doen. My pens het in die pad gekom wanneer ek my skoene vasmaak en die klim van so min as 6 trappe het my uit asem gelaat .Die twee maal vier kilo's 'n week het dus vir my na bliksems baie hardloopwerk gelyk. Tot my verdriet het twee geswore hardlopers, Ben Zietsman en Dougy Powell in daardie stadium by my organisasie begin werk en begin neul dat ek ook Comrades sal hardloop. Uiteindelik en met die hulp van nog uitdagers gee ek toe in en so het die storings begin.


Op 31 Mei 1989, om 0600 die oggend met 600km se oefen kilo's agter die blad staan ek toe saam met 'n skare mense in die straat voor die Stadsaal in Pietermaritzburg en luister na "Chariots of fire", 'n hoender wat kraai en toe skiet 'n kanon. 10 ure en 54 min later draf ons toe onder die "finish" banier op Kings Mead in Durban deur en sê, "nie 'n bliksem weer nie".
Ek kan nie regtig onthou tydens watter wedlope ek die meeste geswoeg het nie, Ek kan een spesifieke geleentheid onthou waar ek aan die onderkant van Fields Hill alreeds totaal in my moegaai was. Duidelik te vinnig gehardloop want ek kon tot op die einde stap en nog in +10 uur 40min klaarmaak. Dit was een van daardie tipiese hardloop ondervindings waar ek myself so jammer gekry het dat ek probeer het om te huil, maar dit net nie kon regkry nie en wragtig nog voordat ek Durban binnestap myself vang dat ek planne maak om dieselfde foute nie die volgende jaar weer te maak nie. Die groot oomblik was natuurlik in die jaar 2000 met 'n tyd van 8 uur 59 min.


Ander wedlope wat jou altyd sal bybly is die 14 Bergville's wat gedoen is en van die lekkerste wedlope was die een "Two Oceans" en een "Om die Dam" wat in die proses voltooi is. Nog 'n interessante wedloop, is die 15km trein wedloop tussen Jagersfontein en Fauresmith in die Suid-Vrystaat gedurende Julie, wat elke jaar saam met die Nasionale Perde Uithouren gedoen is. Wegspringtyd vir diè wedloop was om 09:00 en een jaar het dit my 11km geneem om lewe in my voete te hardloop. En tog hardloop die meeste Vrystaters sonder T-Shirts of enige ander iets warms. Muscadel was darem standaard by baie van die watertafels.


Pa wou egter nie selfsugtig al die wonderlike ondervindings beleef nie en het na 6 alleen Comradse uiteindelik ook vir Ma( Marie ) in die ding ingepraat gekry. Vanjaar was dan ook haar tiende verskyning waarop sy natuurlik trots is en veral windgat oor die enkeles wat sy voor pa by die eindstreep opgedaag het. Ook die oudste seun Roelof het die roede nie vrygespring nie en het nou al twee af wedlope voltooi en aangedui dat hy volgende jaar saam met 'n paar vriende en vriendinne weer daar gaan wees.


Jakes would like to complete 20 comrades for his Dubbel green no , good luck crocodile.